Local newsNews

Atlete kan help met Bybelverspreiding – kilometer vir kilometer

Die geld wat tydens dié wedlope ingesamel word, sal gebruik word vir ’n verskeidenheid van die Bybelgenootskap se projekte.

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika nooi atlete om aan die Hardloop vir Bybels-projek tydens die 2018 Comrades Marathon tussen Pietermaritzburg en Durban op 10 Junie deel te neem.

Belangstellendes kan vanjaar deel raak van dié projek deur deel te neem aan die Comrades Marathon. As dié wedloop egter nie in jou visier is nie, kan atlete deelneem aan verskeie ander marathons, waaronder die Two Oceans-, Loskopdam-, Suikerbosrand- en Nedbank City-marathons.

Vriende, familie, gemeentelede of kollegas kan atlete borg vir elke kilometer wat hulle aflê en só word geld vir die Bybelgenootskap ingesamel.

Borgvorms word slegs aan atlete beskikbaar gestel ná registrasievorms vir deelname aan Hardloop vir Bybels deur Marina Stebbing by die Bybelgenootskap ontvang is.

Die geld wat tydens dié wedlope ingesamel word, sal gebruik word vir ’n verskeidenheid van die Bybelgenootskap se projekte wat onder meer daarop gerig is om Bybels aan arm mense beskikbaar te stel, asook Bybelvertaling vir Suid-Afrika en die Afrika-kontinent.

Die geld sal onder meer gebruik word vir die vertaling van die Engelse Bybel vir dowes, die verspreiding van Bybels onder gevangenes, Graad Sewe leerlinge in agtergeblewe gebiede en aan mense in Suid-Afrika se buurlande, Bybelprogramme wat spesifieke behoeftes aanspreek met die doel om interaksie met die Woord te bevorder, Bybelgebaseerde geletterdheid onder kinders, beskikbaarstelling van die Audibible in Afrikaans (1933/53 en 1983 vertaling), Engels (KLv en GNT), isiZulu, Sepedi, Setswana, Sesotho en isiXhosa.

Vir meer inligting, kontak Marina Stebbing by 011 970 4010 of stebbing@biblesociety.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button