NewsSchools

KYK: Tweede Kruinie-koor in finaal

Die eindronde van dié reeks op kykNET NOU (DStv-kanaal 146) sal in September uitgesaai word

Slegs ’n paar weke nadat Laerskool Kruising se junior koor na die eindronde van die Sing in Harmonie-koorkompetisie deurgedring het, het die skool se senior koor dieselfde prestasie behaal.

https://www.facebook.com/673186959444174/videos/1756848667744659/

“Ons oefen, oefen, oefen, want ons wil tog so graag Sing in Harmonie wen,” sê Antoinette Nightingale, koordirigent.

Al wen hulle ook nie, geniet hulle die kompetisie en om al die ander kore van oor die land heen te hoor sing.

Lees ook:

KYK: Kruinie-koor mik na drie uit drie by kompetisie

“Ons het verskriklik hard gewerk. Dis lekker om die talent van al die ander skole te hoor.”

Dié laerskool se junior koor het al twee keer vantevore die kompetisie gewen.

Die eindronde van dié reeks op kykNET NOU (DStv-kanaal 146) sal in September uitgesaai word.

Die inhoud van die berig is aangepas sedert dit gepubliseer is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button