NewsSchools

KYK: Kruinsig sangers skitter by Chatoga Spur sangkompetisie

Met ’n gesing, gedans en hope pryse wat uitgedeel is, was die aand beslis vet pret.

Enigeen opsoek na talent in Kempton Park kon gerus Woensdagaand by die Chatoga Spur in Glen Marais gaan inloer het. Dáár het tien talentvolle sangertjies van Laerskool Kruinsig meegeding om as die Sing Star-kampioen van Kempton weg te stap.

Dié eer het aan Kayla Gildenhuys (11) gegaan, wat die gehoor weggeslaan het met haar weergawe van platejoggie David Guetta se Titanium. Sy dring nou deur na die Edenvale-finaal op 27 September, waar jong talente van regoor Johannesburg hul harte sal uitsing vir die prysgeld van R30 000.

Teneal Keyser en Thandi Stoltz het beslis ook gelukkig huis toe gegaan, aangesien hulle tweede en derde plekke opgeraap het.

“Ek sing al vandat ek ses jaar oud is, maar doen dit nog altyd net vir die lekkerte,” het Kayla aan Express gesê.

“Ek was ’n bietjie bang om op te tree.”

Hier is nog foto’s

Hierdie opkomende ster het nou niks om voor bang te wees nie en sê dat sy bly is dat sy gewen het. Volgens Jaco Kotze, bestuurder van die restaurant, is hulle gretig om een van die plaaslike laerskole te ondersteun.

“Ons hoop dat vanaand lekker sal wees, en sê dankie vir die mense wat ons as familierestaurant ondersteun.”

Met ’n gesing, gedans en hope pryse wat uitgedeel is, was die aand beslis vet pret.

Teneal Keyser, ook van Laerskool Kruinsig, gee haar alles. Sy het tweede gekom en ‘n Spur-geskenkbewys ter waarde van R100 gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button