Nog ’n suksesvolle optrede vir Kempie-sanger
Dit was nie die eerste keer dat hierdie talentvolle sanger ’n plaaslike verhoog betree het nie.
Hoërskool Kempton Park Graad 12-leerder Chanèl Bronkhorst het verlede maand weer eens ’n suksevolle optrede by die Barnyard-teater by Emperors Palace gehad.
Dit was nie die eerste keer dat dié talentvolle sanger hierdie plaaslike verhoog betree het nie.
Bronkhorst, met haar sopraan-stem, tree al die afgelope vyf jaar daar op.
Vanjaar het hierdie C-Sharp Academy-student die gehoor met haar solo Hungry Eyes deur Eric Carmen bederf.
Sy het ook in ’n groep opgetree wat ’n medley van Hallelujah deur Jeff Buckley en Somebody to Love deur Queen gesing het. Bronkhorst het haar hele hoërskoolloopbaan in die Kempiekoor gesing. Vanjaar is sy as die beste sopraan twee in hierdie koor aangewys.
