Dié koor soek jou stem
Die stigter en organiseerder van die koor is Herman Lamprecht.
Die Oos-Rand Mannekoor beplan ’n wonderlike jaar van koorfeeste en konserte.
Alle mans wat graag wil sing word na die oudisies genooi. Oudisies vir nuwe lede vind op 21 Januarie om 7nm by Maranatha Christian School in Dannweg, Glen Marais, plaas.
Bladsang en koorervaring is nie ’n vereiste nie. Die Oos-Rand Mannekoor sing ’n wye repertorium van musiek en werk uit ’n oogpunt om die gemeenskap te dien en te verryk met goeie inspirerende sang.
Die koor is tans onder leiding van Hester van der Westhuizen en word deur Johan Viljoen begelei.
Die stigter en organiseerder van die koor is Herman Lamprecht.
Indien jy belangstel om by die koor aan te sluit, skakel Lamprecht by 082 440 0385.
