Local newsNews

Mannekoor beplan groot koorfees in Kempton later vanjaar

As jy nootvas is, kan jy by die koor aansluit

Die Oos-Rand Mannekoor beplan om vanjaar ’n mannekoorfees in Kempton Park te hou.

’n Datum is nog nie vasgemaak nie, maar dit sal in September plaasvind. Sulke feeste word gewoonlik in Potchefstroom of Pretoria gehou.

Volgens Herman Lamprecht, die koorbestuurder, is daar reeds ’n aanduiding dat sewe mannekore sal deelneem.

“Hulle sal individueel optree, asook in twee massa-optredes. Die sopraan Michelle Veenemans sal saam met die massakoor optree en ook solo-items opvoer.”

Die koor doen ’n beroep op Kempton Park en omgewing se manne om te kom aansluit. Die wat belangstel om te kom sing hoef nie bladmusiek te kan lees nie en vorige koorondervinding is ook nie nodig nie.

Die enigste vereisde is om nootvas te wees.

Die Oos-Rand Mannekoor het op 13 Januarie weer met repetisies begin. Hulle oefen Maandagaande van 7nm tot 8.30nm by die NG Kerk, Kempton Park-Noord in Highveldweg.

Vir navrae, skakel Lamprecht by 082 440 0385.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button