Laerskool Impala het bewys dat hulle ’n uitblinker sport- en kultuurskool is toe hulle met verskeie toekennings by die Ekurhuleni-Noord sport- en kultuurtoekenningsfunksie weggestap het.
Die Impies is as sportlaerskool van die jaar aangewys en spog ook met die laerskole sportseun en -meisie, naamlik Okkie Spies en Tilana Landman.
Die naaswenner in dié afdelings was ook Impies, Ceclan Nel en Caylin Olivier.
Die skool se kultuurleerders het ook met toptoekennings weggeloop. Layla Venter en Duncan Struthers is onderskeidelik as laerskole kultuurmeisie en -seun aangewys.
Impies Sonja Posthumus en Ruanco Ueckermann was naaswenners in dié afdelings.

Also follow us on:




