Sluit aan by die Scrapping-Vriende van Kempton Park
Dit is iets wat jou ’n leeftyd kan besig hou; herinneringe word bewaar en ’n wonderlike erfenis ontstaan.
Die Vriende van die Kempton Park Biblioteke bied reeds die laaste 15 jaar uitgebreide werkswinkels aan om aan familie- en ander albums te werk.
Dit geskied eenmaal per maand op ’n Saterdag.
’n Paar jaar gelede was hierdie stokperdjie baie geliefd en mense het gewoonlik van “scrapbooking” of “scrapping” gepraat. Dit stam van die idee dat jy koerantknipsels en dies meer in plakboeke bymekaar gemaak het. Mense doen dit steeds.
Maar die Vriende se stokperdjie werk eerder met fotoalbums. Dus is dit iets wat jou ’n leeftyd kan besig hou; herinneringe word bewaar en ’n wonderlike erfenis ontstaan.
Foto’s van vakansies, spesiale gebeurtenisse, byeenkomste, huis- en wildediere en dies meer word gesorteer, mooi gerangskik en met ’n bietjie versiering in albums bewaar.
Die Scrapping-Vriende het tans ’n paar oop plekke en nooi almal uit om aan te sluit. Beginners word mooi touwys gemaak en meer gevorderde inkommers sal ook vinnig tuis voel.
Skakel vir Ellen Harmse by 011 972 0003 of 072 594 9050 om meer uit te vind.
