Local newsNews

Weggooigoed word mooi goed

By dié blommeklub is daar altyd iets interessant om te leer.

Tydens Avante Garde Blommeklub se onlangse byeenkoms, het Pierre Jacobs, voorsitter van Gauteng Flora-unie, lede gewys hoe om ontwerpe te maak met herwinning in gedagte.

Materiale soos droë takke uit die tuin, blare wat van plante afgeval het, dryfhout en selfs verlepte sonneblomme se saadkoppe is gebruik.

Die klub, wat aan die unie behoort, vergader elke tweede Dinsdagoggend van die maand om 9vm in die kleinsaal by Allen Park in Cactuslaan.

Daar word elke maand ’n ander interressante onderwerp deur kundiges aangebied.

As jy die tak graag wil besoek of selfs wil aansluit skakel Marita Barnard by 011 972 1318 of 076 266 0307.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button