‘Scrappers’ werk in ‘isolasie’
“Ek moet sê dit was groot pret en ons groep van 23 het baie daarvan gehou,” het Harmse bygevoeg.
Nadat ’n paar lede van Kempton Park se Scrapping-Vriende al vroeg verlede week laat weet het dat hulle weens die Covid-19-situasie in Suid-Afrika eerder nie in ’n groep bymekaar wil kom nie, is daar ’n plan gemaak.
Ellen Harmse, leier van die groep, het gesê daar is toe op ’n werkswinkel in isolasie besluit – elkeen by haar eie huis.
“Lede het ’n foto van die voorbeeld en instruksies per e-pos ontvang. Sodat dit pret bly, het ons by die geëikte program gebly,” het sy gesê.
Per WhatsApp-boodskappe is deelnemers hieraan herinner: eers ons ligte middagete om 1nm en stiptelik om 1.30nm het die klas begin.
Weer per WhatsApp is teks en foto’s stap vir stap van tyd tot tyd aan die groep gestuur. Vrae is deurentyd beantwoord. Kort videos is ook per WhatsApp gestuur. Tussenin is ’n teepouse aangekondig en om 4.30nm was hulle klaar.
“Ek moet sê dit was groot pret en ons groep van 23 het baie daarvan gehou,” het Harmse bygevoeg.
