Local newsNews

AfriForum skenk toerusting aan Elim

Volgens Brink is daar talle instellings wat nou by AfriForum aanklop vir hulp

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 13 Mei persoonlike beskermingstoerusting en handreiniger aan Elim-kliniek geskenk.

Die kliniek in Spartan behandel persone met verslawings. Die Kempton Park-tak het 25 liter handreiniger, 500 pare handskoene en 500 gesigmaskers aan die sentrum geskenk.

Jan Vermaak, voorsitter van AfriForum se Kempton Park-tak, sê dit was ‘n voorreg om hierdie skenking aan Elim te maak.

“Dit is die begin van ‘n vennootskap wat langdurig gaan wees.”

Dr Eugene Brink, die bestuurder van gesondheid by AfriForum, sê daar is steeds ‘n groot nood wat ontsmettingsmiddels en beskermingstoerusting betref.

“Instellings het in menige gevalle nie hiervoor begroot nie of kan dit bloot nie bekostig nie en beleef nou ‘n groot nood in die Covid-19-tydperk. Hulle sien om na weerlose en afhanklike mense en kan nie veilig werk indien hulle nie oor sulke toerusting beskik nie.”

Volgens Brink is daar talle instellings wat nou by AfriForum aanklop vir hulp ten opsigte van mediese produkte wat met die bekamping van Covid-19 verband hou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button