Local newsNews

MES Kempton Park skep nóg ‘n jaar van winterhoop

Hul organisasie se huidige uitdagings word deur die koue weer vererger

Die gemeenskap van Kempton Park word weer uitgedaag om Winterhoop te skep vir die wat ellendige omstandighede moet veg as gevolg van die Covid-19 pandemie.

MES Kempton Park se fokus dié Junie sal weer eens die nasionale veldtog genaamd Winterhoop in aksie sien. Duisende behoeftiges sal hulp en ondersteuning van verskeie nie-winsgewende organisasies ontvang.

Hul organisasie se huidige uitdagings word deur die koue weer vererger. Die Covid-19 pandemie kan kwesbare gemeenskappe ‘n geweldige knou toedien. Winterhoop daag die publiek uit om betrokke te raak deur komberse, warm klere, nie-bederfbare kos, skuiling en veiligheidsmiddels soos maskers en handskoene, sanitasie- en skoonmaakmiddels te skenk.

Volgens MES se takbestuurder in Kempton Park, Helena van Blerk, is daar ‘n groot behoefte aan veiligheidsmiddels vir die GROW span wat by die herwinningsprojek betrokke is.

Soul Malatji en John Monareng wat elkeen by MES aangestel is. Hulle offer hul dienste by MES Kempton Park om saam te staan vir die hawelose projek gedurende die grendeltydperk.

“Ons benodig verder ook veral warm mansklere, skoene vir dames en truie, serpe of musse vir die kospakkie-kliënte se kinders. Skenkings van nie-bederfbare kositems sal verwelkom word en lede van die publiek kan haweloses verder help deur vir hulle ‘n warm bed in die skuiling, teen R20 per nag, te borg.”

MES is trots om Winterhoop 2019 se sukses te onthul. Hulle het 2 500 komberse, 1 500 mussies, 3 500 inkopiesakke kos en klere, asook 8 000 beddens beskikbaar gemaak teen die koue. Byna 200 aflaaipunte landswyd sal onder die vaandel van Winterhoop insamelings behartig en versprei na behoeftige gemeenskappe.

Hierdie jaar beoog Winterhoop om selfs méér impak te vermag. Ten spyte van die inperkingstyd wat Suid-Afrika tans beleef, wil Winterhoop sy visie tot gestalte bring met die hutsmerkhandel #GeeHoop #GeeWarmte.

Winterhoop is in 2001 begin waar ‘n vennootskap tussen PEN (Pretoria) & MES (Johannesburg, Kempton Park, Kaapstad en Port Elizabeth) gesmee is om gedurende die koudste tyd van die jaar op nasionale vlak ondersteuning te bied aan hawelose en kwesbare gemeenskappe. Vandag bestaan die vennootskap uit vier organisasies waar Torings van Hoop (Bloemfontein) en die Denis Hurley Sentrum (Durban) etlike jare al deel vorm van die Winterhoopveldtog.

Vir meer navrae oor die Winterhoopveldtog in Kempton Park en die verskillende aflaaipunte, skakel Aloma Swanepoel op 011 024 4580 of e-pos aloma@mes.org.za.

Indien jy graag vir die behoeftiges winterhoop en troos wil bied, vind jou naaste aflaaipunt hier:

NG Kerk Bonaero Park: Kontak Vina Liebenberg op 011 973 4916 of laai af op Dinsdae tussen 9vm-1nm.

MES Kempton Park: Kontak Aloma Swanepoel of Luwanda Conco op 011 024 4580 of laai af op Maandae to Vrydae tussen 8vm-4nm.

NG Kerk Hoogland: Kontak Jeanine Hepburn op 083 390 3858 vir inligting of aflaaityd.

NG Kerk Kempton-Kruin: Kontak Cobus Marais op 011 391 8183 of laai af op Dinsae tussen 8vm en 12vm.

Gateway Presbyterian Church: Kontak Lindsay King op 082 057 4889 of laai af op Maandae tot Vrydae tussen 9vm tot 1nm.

Intercare Cavendish Glen: Kontak Ada Botes op 011 922 5000 of laai af op Maandae tot Vrydae tussen 8vn tot 4nm.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button