Local newsNews

AfriForum se buurtwagte is weer op hul pos

Dit is vir AfriForum uiters belangrik om voort te kan gaan met sigbaarheidspatrollies om die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker

Die AfriForum-buurtwagte aan die Oos-Rand het op 6 Junie aan die burgerregteorganisasie se nasionale versetpatrollie deelgeneem.

Dié massapatrollie was deel van die amptelike aktivering van AfriForum se buurtwagte wat hul bedrywighede weer tydens vlak 3 van die inperking mag hervat.

Die patrollie is in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye en gemeenskapslede gehou, wat gehelp het om sigbaarheid in hul onderskeie dorpe te verhoog.

LEES OOK:

Street robberies are prevalent in Norkem Park precinct

Altesaam 153 gemeenskapslede het in 108 voertuie aan die patrollie deelgeneem. Die lede het tydens die massapatrollie 6 582km in die verskillende gebiede afgelê. Al die deelnemers het streng voldoen aan die vereiste regulasies en binne die raamwerk van die wet opgetree.

Gemeenskapslede en buurtwagte kan met patrollies voortgaan aangesien regulasie 33 (1), wat dr Nkosazana Dlamini-Zuma, Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, op 28 Mei uitgevaardig het, dit duidelik stel dat mense hul woonplekke mag verlaat om spesifieke dienste te lewer, met uitsondering van aktiwiteite soos uiteengesit in tabel 2 van dié regulasies.

Buurt- en plaaswagte word nie in dié tabel genoem nie en kan dus weer patrolleer.

“Dit is vir AfriForum uiters belangrik om voort te kan gaan met sigbaarheidspatrollies om die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker,” sê Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

LEES OOK:

Drugs worth over R1-m seized at house on Friedman Street

Volgens Archie Mouyis, voorsitter van AfriForum se Benoni-tak, is goeie samewerking tussen verskillende strukture gedurende hierdie onsekere tye uiters belangrik om misdaad hok te slaan.

“Goeie samewerking en doeltreffende kommunikasie tussen die gemeenskap en privaat veiligheidsinstansies lei tot suksesvolle misdaadbekamping. Buurtwagte stel ’n goeie voorbeeld van die sukses wat bereik kan word as ’n gemeenskap saamstaan en proaktief optree.”

Also follow us on:

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button