Local newsNews

AfriForum deel 30 ton kos uit aan behoeftiges

AfriForum het ook 'n noodfonds vir elke tak geskep wat gebruik word om hierdie aksies volhoubaar voort te sit

AfriForum se Oos-Rand-takke het tydens die staat van inperking reeds meer as 30 ton voedsel aan 3 844 behoeftige gesinne uitgedeel.

Die aksie is in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, Saai en verskeie ander organisasies aangepak om gemeenskappe tydens die staat van inperking te ondersteun.

Groot nood het in gemeenskappe ontstaan nadat sommige mense nie tydens die inperking salarisse ontvang het nie of selfs hul werk verloor het omdat ondernemings hul deure moes sluit. ‘n Taakspan wat uit AfriForum, Saai en Solidariteit Helpende Hand bestaan, is op die been gebring om die verspreiding van voedsel op ‘n georganiseerde wyse te bestuur.

Die takke in Alberton, Brakpan, Benoni, Edenvale, Germiston, Kempton Park en Springs het altesaam meer as R1.5 miljoen se voedsel, handreiniger en gesigmaskers versprei. Hierdie projekte is gefinansier vanuit skenkings, takfondse en die taknoodfonds wat tydens die inperking op die been gebring is.

“Dit is wonderlik om te sien dat gemeenskappe saamstaan en mekaar in dié moeilike tyd ondersteun. Baie van die kospakkies wat versprei word, is moontlik gemaak danksy skenkings wat ons by mense in die gemeenskap ontvang het. Dit sou nie moontlik gewees het om dié projek te dryf sonder die hulp van die gemeenskap nie,” sê Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

AfriForum het ook ‘n noodfonds vir elke tak geskep wat gebruik word om hierdie aksies volhoubaar voort te sit. Lede van die publiek kan skenkings aan die noodfonds maak wat weer gebruik word om noodsaaklike produkte vir behoeftiges aan te koop.

Mense wat skenkings wil maak, kan hul naaste tak kontak vir meer inligting of die taknoodfonds-blad op AfriForum se webtuiste besoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button