NewsSchools

Jessica en Amoré steel kollig by prysuitdeling

Jeugland se 2021 hoofdogter, Amoré Botha deel die toekenning as Leidster van die Jaar met Swart.

By Hoërskool Jeugland se jaarlikse prysuitdeling was Jessica Swart en Amoré Botha as Leidsters van die Jaar aangewys.

ALSO READ: Hoërskool Jeugland spog met ‘n Top 10 onderwyseres

Met ’n moeilike jaar agter die rug was beide leerders ’n voorbeeld van hoe om positief te bly wanneer alles om mens moeilik is.

Jessica was ook as Senior Dogter Atleet van die Jaar en Senior Netbalspeler van die Jaar aangewys. Sy is gekies vir die o-18 Gauteng Gemma-span om by SA’s deel te neem, waar sy aangewys was as een van die top 21 spelers by die toernooi.

Amoré, die 2021 hoofdogter, deel die toekenning as Leidster van die Jaar met Jessica. Haar uitkyk op die lewe en bereidwilligheid om haar medemens by te staan het haar die titel help verdien.

Also follow us on:

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button