VLU hou sop-en-sjerrie-oggend
Daar is vrolik gekuier saam met 130 gaste, met ‘n glasie sjerrie en geurige, smaaklike warm soppe te kies en te keur, na elkeen se eie smaak.
Kempton Park VLU het die winterkoue met ‘n heerlike sop-en-sjerrie-oggend verdryf.
Daar is vrolik gekuier saam met 130 gaste.
Chris Coetzer, die bekende en beminde klassieke tenoorsanger, het die gaste met Italiaanse opera tot bekende Volksang, Hansie Slim, Blink Vosperd en Afrikaners is Plesierig vermaak.
LEES ASOOK: Chane verteenwoordig Gauteng
Die gaste het vrolik saamgesing.

‘n Groot aantrekkingskrag was Kate du Randt, die bekwame draaiboekskrywer wat al 1 500 episodes vir geliefde TV sepies soos Binnelanders en 7deLaan geskryf het.
Dit was die eerste keer dat die VLU gehoor het hoe draaiboekskryf werk.
Die McGill-gesin het die dag met musiek afgesluit.
