Local news

Lappieskersboom gemaak deur NG Gemeente Bonaero Park

Hekelkoors het die vroue van die gemeente en die omgewing beetgepak en vir maande is daar druk gehekel en gebrei aan die blokkies vir die boom.

Na die groot sukses van die Wellington kersboom het die NG Gemeente Bonaero Park besluit om ook ‘n kersboom van oumablokkies te maak.

Hekelkoors het die vroue van die gemeente en die omgewing beetgepak en vir maande is daar druk gehekel en gebrei aan die blokkies vir die boom.

Nadat sowat 500 blokkies klaar was, is die boom opgerig, wat weer ‘n hele oefening opsigself was. Dit staan 4,5m hoog met ‘n omtrek van ongeveer 6m.

Daar was ‘n geweldige samehorigheidsgevoel deur hierdie hele proses en die kerk is baie trots op die boom.

ALSO READ: Nuwe lekkerleesboek word Saterdag hier vrygestel

Almal is dit eens dat hierdie ‘n pragstuk is en dit gaan as ‘n simbool van liefde en groei vir 2024 in die kerk tentoongestel word.

Die boom is onthul om saam te val met die kerstyd se eredienste waarvan die hoogtepunt die kerssangdiens op 25 Desember 2023 om 08:00 sal wees.

Enige navrae kan gerig word aan die kerkkantoor by info@hawe.co.za of 063-549-6027.

 
Back to top button