Jeugies beloon vir hul prestasies
Jeugland se hoofseun, Duan Ruthenberg het omtrent sy merk op die aand gelos om met talle toekennings weg te stap.
Hoërskool Jeugland het op 19 Oktober hul jaarlikse prysuitdeling gehad waar Jeugies vir hul harde werk die afgelope jaar in akademie, kultuur, sport en leierskap beloon is.
LEES ASOOK: Hoërskool Jeugland spog met ‘n Top 10 onderwyseres
Die top toekennings in verskeie gebiede was aan die einde van die aand aangekondig en almal het met groot afwagting gesit om te hoor wie is die Jeugies wat in hul gebied die voortou geneem het.
Daar was een leerder wat uitgestaan het bo die res.
Jeugland se hoofseun, Duan Ruthenberg het met talle toekennings weggestap.
Toekennings wat Duan ontvang het is as volg: Dux leerling (Graad 12), Jeuglander van die Jaar (seun), beste akademiese prestasie in Graad 12, beste volgehoue akademiese prestasie vanaf Graad Agt tot 12, revuespeler van die jaar (seun), en beste prestasie spanredenaars.
Hy ontvang ook die toekennings vir die volgende vakke: Afrikaans huistaal 98%, Engels eerste addisionele taal 98%, fisiese wetenskap 98%, ingenieursgrafika en ontwerp 96%, lewensoriëntering 96%, lewenswetenskap 95%, rekeningkunde 90%, wiskunde 95% en alpha wiskunde 99%.

Ander toekennings was soos volg:
Jayden Valentini: kultuurpersoonlikheid van die jaar (seun), beste prestasie spanredenaars, revuespeler van die jaar (seun)|, en lid van debatspan van die jaar.
ALSO READ: Hoërskool Jeugland kondig 2021 hoofleiers aan
Savannah Jacobson: kultuurpersoonlikheid van die jaar (dogter), Jeuglander van die jaar (dogter), revuespeler van die jaar (dogter) en beste prestasie spanredenaars.

Toekennings vir die volgende vakke: toerisme en geografie.
Janco Nieuwoudt: leier van die jaar en senior sportpersoonlikheid van die jaar (seun).

Katelyn Flooks en Carin De Beer: leidster van die jaar.
Junior Mphela: junior sportpersoonlikheid van die jaar (seun).
ALSO READ: Hoërskool Oosterlig oorwin Jeugland
Zeniah Davids: junior sportpersoonlikheid van die jaar (dogter).
Ashley Brummer: senior sportpersoonlikheid van die jaar (dogter).

Also follow us on:




