BlogsOpinion

Struwwelpeter

IN ‘n onlangse antwoord op ‘n Parelementêre vraag oor die grootte van die staatsdiens antwoord minister Lindiwi Sisulu as volg: “We have 34 ministers, 33 deputy ministers, 159 directors general, 642 deputy directors generals, 2 501 chief directors and 7 782 directors.” Die vraesteller, ene mnr Mulder, het daarop gewys dat daar 40 jaar gelede …

IN ‘n onlangse antwoord op ‘n Parelementêre vraag oor die grootte van die staatsdiens antwoord minister Lindiwi Sisulu as volg:

“We have 34 ministers, 33 deputy ministers, 159 directors general, 642 deputy directors generals, 2 501 chief directors and 7 782 directors.”

Die vraesteller, ene mnr Mulder, het daarop gewys dat daar 40 jaar gelede slegs 18 ministers, ses onderministers en 18 direkteurs-generaal bestaan het (wie, na Struwwelpeter se mening, die land baie beter bestuur het.)

Maar dit word erger: in eerste kwartaal van 2013 is meer as 44 000 amptenary aangestel, wat beteken dat daar nou 3,07 miljoen staatsamptenare bestaan, of te wel 22,6% van Suid-Afrika se arbeidsmag.

Volgens die ouditeur-generaal beloop die staatsdiens se totale uitgawes op konsultasiefooie gedurende 2008 en 2011, R102 biljoen. Dit wil sê R33,5 biljoen deur nasionale departemente en 68,5bn deur provinsiale departemente. Struwwelpeter wonder hoeveel daarvan te danke is aan sg “ontplooiing” van onkundige kamerade in poste bo hulle vuurmaakplekke?

Nou kom die vraag: hoe lank sal die kleiner private sektor nog so ‘n wit olifant van ‘n staatsdiens kan befonds voordat daar net nie meer geld oor is nie?

* * *

Barack Obama, Vladimir Putin en Thabo Mbeki sterf almal en beland in die hel.

Obama vra of hy die telefoon mag gebruik om aarde toe te bel en die Duiwel sê: “Ja, mits jy kan betaal.” Obama praat ‘n uur lank met Washington en dit kos $10 miljoen, waarvoor hy ‘n tjek uitskryf.

Putin vra ook om die telefoon te gebruik en nadat hy twee uur lank met Moskou gepraat het, sit hy neer. Koste: 20 miljoen roebel. Putin skryf ook ‘n tjek uit.

Mbeki vra of hy nou die foon mag gebruik. Hy bel Pretoria en gesels vier uur. Die koste beloop R5 en Mbeki glimlag en betaal met ‘n R5 muntstuk uit sy broeksak.

Obama en Putin word baie ongelukkig: “Waarom kan hy vir R5 bel en ons moet altwee miljoene betaal?”

“Aha,” antwoord die duiwel. “Sedert Jacob Zuma Suid-Afrika oorgeneem het, is die hele land hel toe. Dis dus ‘n plaaslike oproep.”

Dankie Balt

* * *

‘n Outannie kom by ‘n dokter se spreekkamer ingestap. “Nee,” antwoord sy op die dokter se vraag, “daar’s geen kwale of skete nie. Ek is mooi gesond. Ek het net gou ‘n voorskrif kom haal vir geboortebeperkingspille.”

Die dokter glimlag. “Tannie, mag ek vra hoe oud jy is?”

“Pas sewentig geword,” kom die antwoord.

“Nou ja, tannie, dan het jy nie meer sulke goeters nodig nie!”

“Nee dokter,” sê die tannie. “Jy verstaan nie. Dis om my lekker te laat slaap.”

“Maar, tannie, geboortebeperkingspille kan hoegenaamd nie vir jou laat beter slaap nie!”

“O ja, dit kan. Ek sit elke oggend een in my kleindogter se lemoensap en dan slaap ek daardie nag goed!”

* * *

Oulike storie wat Christo Wiese nou anderdag in sy toespraak vertel:

‘n Ouerpaar kry ‘n brief van hulle dogter, wat eerstejaar op universiteit is.

“Liewe Mamma en Pappa,

“Ek weet nie hoe om hierdie baie moeilike brief te begin nie. Dit gaan nie goed met my nie. Eerstens is my kêrel gisteraand opgesluit omdat die polisie hom gevang het toe hy dagga verkoop het. Dit lyk of hy ‘n jaar gaan sit.

“Maar dis nie al nie. Ek is desperaat. Ek weet nie wat om te doen nie, omdat ek swanger is. Dis sy kind. Hy is ‘n motorfiets-mechanic, en hy’t nie veel van ‘n werk nie, maar darem ‘n inkomstetjie.

“Ons sou trou, sodat hy vir my en die baba kon sorg, maar nou sit hy in die tronk!”

“Nou, Mams en Paps, haal diep asem en word rustig. Ek is nie swanger nie. Ek het nie ‘n kêrel wat in die tronk sit nie. En ek hou my nie op met mense soos daggarokers nie. Tewens, ek het glad nie eers ‘n kêrel nie.

“Máár, ek hét wel toegepaste wiskunde 101 gedop en ek wou net hê dat julle dit in die korrekte perspektief moet sien!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button