BlogsOpinion

Struwwelpeter: die Merde gaan binnekort die ventilateur tref

Soos die Franse sê, die Merde gaan binnekort die ventilateur tref. Hiermee ‘n berig in ‘n Australiese koerant oor beweerde korrupsie uit die opperste gestoeltes: The deal between Sanral and Kapsch of Austria, the e-tolling operating company, is not with the corporate entity but with Kapsch Sweden. Kapsch Sweden used to be SAAB Aerospace, a …

Soos die Franse sê, die Merde gaan binnekort die ventilateur tref.

Hiermee ‘n berig in ‘n Australiese koerant oor beweerde korrupsie uit die opperste gestoeltes:

The deal between Sanral and Kapsch of Austria, the e-tolling operating company, is not with the corporate entity but with Kapsch Sweden.

Kapsch Sweden used to be SAAB Aerospace, a 50% shareholder in a company called SANIP. British Aerospace held the other 50%.

SANIP is alleged to be the payment vehicle used by SAAB and BAE to pay the alleged bribes of around R100 million in the arms deal saga to ensure that the Gripen fighter was chosen.

The names Hlongwane, Modise, ANC, Zuma, Shaik figure prominently in the list of alleged recipients.

So why Kapsch Sweden, not the corporate entity? I leave it to your imagination.

How much? According to the corporate structure used to implement e-tolling in SA, about 80c of each rand of profit can be repatriated to Austria via Sweden. Gauteng alone expects to generate about R350 million a month in toll fees.

Assuming a very conservative 10% profit available to be repatriated, that means about R28 million a month will go overseas.

Y Y Y

Pieter J Niemann het ‘n paar gedagtes oor die e-tollery. Hy noem dit ‘n dagpas na Ekurhuleni:

1. Prediker 1:9 “Wat was sal weer wees; wat gebeur het sal weer gebeur.”

2. Arnold J Toynbee (geskiedenis-filosoof) sê die geskiedenis herhaal homself.

3. Ou Afrikaanse rolprent – Engelse regering het ‘n tolhek tussen die plaasopstal en “long drop” opgerig met ‘n beampte by die hek. As die boer die “long drop” wil besoek, moes hy tolgeld betaal.

4. In tyd van Tsaar Peter 1 moes mans belasting betaal om ‘n baard te dra. ‘n Boer wat stad toe gekom het en nie sy baard afgeskeer het nie, moes ook belasting betaal.

5. Net die Sonnekoning (Lodewyk XIV) het geweet wat die werklike koste van sy paleis (Versailles) was. Sy minister van finansies, Jean Baptiste Colbert, het wanhopige pogings gedoen om die tekorte in die staatskas aan te suiwer, maar tenspyte van sy werk het die uitgawes meer as verdubbel.

6. Ontevrede oor bovermelde? Kom ons betoog soos die vryburgers in Jan van Riebeeck se tyd. Die vryburgers het gedreig om te staak – 14 mans gaan met ‘n versoekskrif na kommandeur Jan van Riebeeck. Die kommandeur bespreek die moeilikheid sommer daar en dan.

Hy het hulle dit kwalik geneem dat die klagskrif met ‘n al te skerp pen geskryf is. Jan van Riebeeck het na die samespreking wyn laat kom om saam met hulle te drink. Almal is in ‘n vrolike stemming na hulle plase terug. Die wyn was verniet!

Y Y Y

Afrikaanse rekenaarwoordeboek:

Monitor – hou die braai dop

Download – haal die brandhout van die bakkie

Hard drive – om huis toe te ry na die braai

Keyboard – waar die sleutels hang

Window – wat jy toemaak as die wind waai

Byte – wat muskiete doen

Bit – wat muskiete gedoen het

Mega byte – wat muskiete by die dam doen

Chip – wat jy saam met bier eet

Micro chip – wat oorbly in die leë pak

Modem – wat jy met jou grasperk doen

Dot Matrix – Oom Jan Matrix’s se vrou

Laptop – waar jou kat slaap

Software – die plastiek eetgerei wat jy by Steers kry

Hardware – ordentlike vlekvrye staal eetgerei

Web – wat spinnekoppe doen

Web site – wat spinnekoppe onder die stoepdak doen

Cursor – die ou wat skel

Y Y Y

Interessant: Makro berig dat hy sopas die enigste bottel 100-jaar oud Glenfiddich Single Malt in Suid-Afrika vir R300 000 verkoop het.

Daar is 15 x 50 ml sopies in ‘n 750ml bottel (mens drink nie Malt-whisky in 25ml sopies nie). Dus kos elke sopie R20 000.

Om dit te geniet moet jy op die soustrein wees! Hoop net nie hulle het dit met Coca Cola gedrink nie!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button