BlogsOpinion

Struwwel logo

Getuigskrifte moet met 'n versigtige oog gelees word

LEES nou die dag ‘n interessante item oor die Tweede Wêreldoorlog.

In Amerika was daar ‘n fasiliteit waar valskerms vir die lugmak verpak is. In daardie stadium was sg failure rate, dws die persentasie valskerms wat swak verpak is en dus nie ordentlik oopgemaak het nie, ongeveer 0,5 %. Met ander woorde, as jy ‘n vegvliegtuigloods was, was die kanse dat jou valskerm nie gaan werk nie, een in tweehonderd.

En toe kry die valskerverpakkingsdepot ‘n nuwe bevelvoerder. ‘n Afgetrede lugmagkolonel wat self op sy dae ‘n vegterloods was.

Die kolonel bevraagteken die relatief hoë persentasie valskerms wat faal, maar die statistici verseker hom dat hierdie syfer “normaal is vir die bedryf”.

“Normaal vir die bedryf” was nie vir die kolonel aanvaarbaar nie. Hy laat bou vir elke valskermpakker ‘n kraampie agter sy werkstasie. Die pakker het die enigste sleutel van hierdie hokkie en daarin

stoor hy al die valskerms wat hy gepak het.

Intussen word almal opgelei in valskermspring.

Elke Vrydagmiddag kies die kolonel lukraak vyftig pakkers. Hulle word dan gevra om hue kraampies oop te sluit. Dan kies die kolonel self ‘n valskerm uit elke ou se hokkie. Daarna word die vyftig mense opgeneem in ‘n Dakota en moet hulle spring met die valskerms wat hulle self gepak het.

En raai wat – as ‘n mens met jou eie valskerm moet spring, dan pak jy dit baie versigtig. En tot die verbasing van die statistici, daal die valskermfaaltempo onmiddellik tot 0%.

Dis jammer dat ons leiers nie hierdie staaltjie ken of sal verstaan nie. Daarin lê ‘n groot les vir hulle.

Y Y Y

En toe was daar die Gautenger wat sy nuwe motorboot afsleep Kaap toe vir ‘n bietjie visvang. Net buite Laingsburg raak sy 4×4 onklaar.

Hy probeer hulp soek met sy selfoon, maar daar is geen sein nie. Nou wat nou?

Hy probeer alles waaraan hy kan dink, maar die 4×4 wil net nie vat nie. En daar kom ook nie motors verby wat stop om te help nie.

Skielik val dit hom by dat hy ‘n radio in sy boot het. Hy skakel die radio aan en begin roep op sy noodband, “Mayday! Mayday”.

Net toe hy amper raad opgee, tel ‘n Kaapse vissersboot hom op. Daar kom ‘n sterk Kaapse aksent oor die radio.

“Ok, Mayday, ek receive jou, ten four. Wat is djou position?.”

Die man lees sy posisie van sy GPS af, maar voordat hy iets verder kan sê, kom die kommentaar: “Hel my mate, al wat ek kan sê is dat djy darem die land met ‘n moersa spoed gestrike het!”

Dankie Lise

Y Y Y

In sy oulike boekie, Kwinksinnig, gee Johan Combrink die volgende raad oor die lees van getuigskrifte:

Aangename persoonlikheid – te swak om sy man te staan

Hardwerkend – sonder inisiatief

Buigsaam – gewillig om die vuilwerk te doen

Entoesiastiese werker – dryf kollegas teen die muur uit met duplisering

Goeie maniere – kruiperig

Goeie spanwerker – kan niks op sy eie doen nie

Goeie sin vir humor – lag altyd vir sy seniors se flou grappe

Leierspotensiaal – pas op vir jou rug en jou werk

Sal goed inpas – geen leierskapeienskappe nie

Standvastig – omwrikbaar konserwatief

Sterk aanbeveel – vat tog om hemelsnaam die vent weg uit my omgewing.

Y Y Y

En nou vir ‘n laaste storietjie wat net in Engels vertel kan word.

Stiff Upper Lip English: On a train from London to Manchester, an Australian is berating the Englishman sitting across from him in the compartment:

“You English are so stuffy. You set yourselves apart too much. You think your stiff upper lip puts you above the rest of us.”

“Look at me, I’m me! I have Italian blood, Greek blood, a little Irish blood and some Aboriginal blood. What do you say to that?”

The Englishman arches an eyebrow and says: “Awfully sporting of your mother, old chap!”

Dankie JB

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button