HIERDIE jaar gaan nogal interessant wees wat politiek betref. Meeste politieke ontleders reken dat Zuma nog sterk staan, ten spyte van alles.
Maar, as die ANC verkiesing hou met hom as presidentskandidaat, is almal redelik eens dat die ANC waarskynlik nie sestig present sal haal nie. Wat dan? Gaan hulle van JZ ontslae raak? En wie gaan hom opvolg?
Ramaphosa? Maar hy het intussen ‘n bietjie Lonmin-Marikana-bagasie bygekry. Mama Zuma? Wie weet? En wat gaan gebeur as Malema dit maak na parlement – gaan hy skielik redelik word (betwyfelbaar) of gaan hy aanhou die massas opsweep? En wat dan?
Justice Malala som dit mooi op Hiermee die slotparagraaf van ‘n lang brief oor bostaande:
The ANC is compromised; it is lost. It has lost its moral compass and its leadership of society. The man at its head is a reflection of what the party is: ill-disciplined, compromised and unprincipled.
And so we will remember the reign of Zuma. We will remember it not for its achievements but for the cowardice, callowness and bankruptcy of the leadership that he brought with him. We will remember his lackeys for their bowing and scraping and their destruction of the continent’s greatest liberation movement. What an ignominious end for the party of Mandela.
* * *
‘n ANC-minister vertel die volgende verhaal tydent ‘n toespraak: Daar was ’’ vader wat aan elkeen van sy drie seuns ‘n R100-noot gegee het.
“Koop iets hiermee wat ‘n kamer heeltemal vol sal maak.”
Die eerste seun koop ‘n vrag hooi, maar dit is nie genoeg om die kamer vol te maak nie. Die tweede seun koop ‘n vrag leë bokse, maar ook dit is nie genoeg nie.
Die derde seun koop ‘n kers vir R1 en steek dit aan. Dit vul die hele kamer met lig.
“Comrades, ons president is soos die derde seun. Hy het ons hele land verlig!”
‘n Stem uit die gehoor: “En waar is die ander R99?”
(Dankie MGK)
* * *
As ‘n belastingbetaler, weet jy wat met jou geld gebeur? Dit blyk nou dat ‘n paar regeringsinstansies die volgende betaal het om die Mandela-film, Long walk to Freedom, te borg:
Die National Empowerment Fund (NEF) R50 miljoen
Die Nywerheidsontwikkelingkorporasie (NOK) R80 miljoen
Die Department van Handel en Nywerheidsontwikkelling R60 miljoen
Is dit perdalks ‘n verkiesingsfoefie?
(Dankie AMG)
* * *
Volgens OUTA is 985 322 voertuie op die eerste toldag deur die William Nicol-tolhek. Net 1 339 van hulle is e-tag geregistreerd.
Struwwelpeter weet nie hoeveel tolhekke daar is nie, maar kom ons sê ‘n halfdosyn. As dieselfde verhouding van ongeregistreerde voertuie deur die ander vyf hekke gegaan het, sit SANRAL met omtrent 6 miljoen rekeninge wat hy na een dag moet uitstuur.
Dit beteken ongeveer 200 miljoen rekeninge per maand as ons aannames min of meer korrek is. Struwwelpeter twyfel of hy oor die bevoegdheid beskik om dit uit te voer.
(Dankie BJ)
* * *
‘n Jong priester word gestuur na ‘n abdy waar die monnikke daarin spesialiseer om afskrifte van die ou Katolieke Kanonieke-wette te maak.
Iets hinder hom en hy gaan praat met die kloosterhoof.
“Vader, vir honderde jare maak ons nou al afskrifte van afskrifte. Maar wat as daar êrens ‘n fout ingesluip het? Sou dit nie beter wees om terug te gaan na die oorspronklike dokumente nie?
Die abbot dink daaroor en toe antwoord hy : “My seun jy is reg. Ek sal vandag die kluis oopmaak en die oorspronklike 500-jaar oue dokumente nagaan.
‘n Rukkie later kom daar ‘n geween en ‘n gekerm uit die kluis. Die jong priester gaan kyk wat aangaan.
Die ou man stamp sy kop telkens teen die muur terwyl hy kreun en weeklaag.
Die res van die storie moet in Engels vertel word.
“What is the problem, Reverend Father? Why are you so distressed?”
“My son, my son. It’s terrible. It’s a disaster. About five centuries ago we missed the letter “R” in a word.”
“What is the word, Reverend Father?”
“The word is ‘celebRate’ and not ‘celibate’!”
(Dankie Balt V)
