BlogsEditor's choiceOpinion

Struwwelpeter: power failures are no longer black outs

'n Bestuurder se vermoë is 'n direkte funksie van hoe sterk die span is wat aan hom rapporteer

‘n Bietjie persoonlike inligting wat Struwwelpeter graag met sy lesers wil deel.

Laasweek het hy oor ‘n los mat gepootjie en homself letterlik disnis geval. Toe hy bykom, kon hy nie beweeg nie en hy is per ambulans hospitaal toe geneem.

Terloops, laasgenoemde het groot bewondering by sy naas-jongste kleindogter uitgelok: háár oupa het agter in ‘n rooi en geel ambulans gery en sy is net jammer dat dit nie nodig was om ‘n sirene te gebruik nie.

Na ‘n vervelige week in die hospitaal is Struwwelpeter gediagnoseer met ‘n gebreekte bo-arm en geskeurde skouerspiere. En dit, my liewe leser, beteken dat hy vir die volgende ses weke tot tyd en wyl sy bo-arm herstel nie hierdie rubiriek kan skryf nie. Die goeie nuus is egter dat hy dit aan sy vrou kan dikteer.

* * *

I was walking along Clifton beach in Cape Town when I came across a lamp partially buried in the sand.

I picked up the lamp and gave it a rub. A genie appeared and told me I had been granted one wish.

I thought for a moment and said: “I want to live forever.”

“Sorry,” said the genie. “I’m not allowed to grant eternal life.”

“Okay. Then I want to die after the ANC balances the budget, pays off the national debt and stamps out corruption.”

“You’re a sneaky little bastard, you are,” said the genie.

(Thanks BJ)

* * *

Eskom would like to remind its customers that it is no longer politically correct to refer to power failures as “black outs”. Reference must now be made to “previously lit” areas.

(Thanks BJ)

* * *

Dat Tina Joemat-Pettersen, onbekwaamste minister van landbou en visserye ooit, teruggebring word as ‘n meer senior kabinetslid verbaas Struwwelpeter. Veral na die Sekunjalo-debakel.

Wat hom egter totaal uit die veld slaan is dat die geskorste Dina Pula ook terugkom en wel ook in ‘n meer senior ANC-posisie as voorheen. Presies hoe skelm en hoe onbekwaam moet ‘n mens wees om onaanvaarbaar te wees vir die ANC?

Struwwelpeter het in sy bestuursdae geleer ‘n bestuurder se vermoë is ‘n direkte funksie van hoe sterk die span is wat aan hom rapporteer. Zuma het dit blykbaar nog nie geleer nie.

Maar hier kom groot moeilikheid. Sê nou: die ANC kry net onder 50% van die stemme – wat nie onmoontlik lyk nie – en dan gaan soek hulle koalisievennote. Politics makes strange bed fellows.

Niemand sal ‘n koalisie met die ANC wil vorm behalwe Malema nie en hy sal ‘n ministerspos eis as beloning.

Soos hulle in die Vrystaat sê, HKGK!

* * *

Die Boer baklei en gaan behoorlik mal oor die werkers.

Sy vrou vat hom simpatiek aan die hand en lei hom kamer toe.

“Nou gaan jy op jou knieë,” sê sy, “en praat jou hart uit teenoor die Here.”

“Heer,” begin die boer. “Johannes het weer die ploeg gebreek. Jonas het die koei in die gat laat val en Andries was alweer dronk.

“Vader, ek wil net weet of U hulle gaan kom haal of moet ek hulle vir U stuur.”

Amen.

* * *

Dis nag in ‘n klein Karoo-dorpie en die krag is af. Die plaaslike dokter is besig om ‘n vrou te help om te kraam.

Haar man was uitstedig en daar was nie ambulanse nie. Die patiënt se vyfjarige dogtertjie help hom deur ‘n lantern vir hom hoog te hou sodat hy kan sien wat om te doen.

Na ‘n rukkie word die baba gebore en die dokter lig hom by sy voete en gee hom ‘n klap op sy boud. Die babaseuntjie begin huil.

Die dokter bedank die dogtertjie vir haar hulp en vra vir haar wat sy dink van wat sy so pas gesien het.

Haar antwoord: “Klap hom weer! Wat soek hy daar? Hy het niks daar verloor nie en hy moet leer om nie in sulke plekke in te kruip nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button