BlogsEditor's choiceOpinion

Struwwelpeter: Jeugliga skop bohaai op oor geblikte kos

Hoekom aartappels in die bed snags jou voete help

ONLANGS was daar weer ‘n groot brand in een van die plakkerskampe in die Kaap.

Soos gewoonlik, het die Kaapse stadsraad kom help met boumateriaal en kospakkies. Onder die 1 400 uitgedeelde kospakkies was daar ongeveer ses items wat ‘n maand of twee ouer was as die vervaldatum.

Ons praat nou van tee en ‘n paar blikkies groente.

Die ANC Jeugliga het onmiddellik ‘n lawaai opgeskop en probeer om ‘n klag van doelbewuste voedselvergiftiging by die die plaaslike polisiekantoor te lê.

Dit was nou kwaadstokery in die ergste graad. Hulle wil tog so graag die Kaap terug hê. Dit sal nogal interessant wees as hulle in die proses Gauteng verloor!

Intussen het Struwwelpeter gesels met ‘n deskundige op hierdie gebied wat sê: “Pa, hoewel vars vleisprodukte en groente ‘n vervaldatum moet hê, is dit gewis nie realisties by dinge soos geblikte boontjies nie – hoewel een of ander amptenaar in sy oorywerigheid so besluit het. Dis natuurlik belaglik, want ‘n mens kan gebakte boontjies of geblikte konfyt eet jare na die ‘sell by date’.”

* * *

En nou ‘n storie wat ek in Engels moet vertel:

In the old days South Africans drove on the left side of the road. These days we drive on what is left of the road.

* * *

Struwwelpeter het laasweek gesels oor aartappels tussen die voete vir diegene wat snags voetkrampe kry. Hy het nou van ‘n tweede deskundige die volgende aanvaarbare verduideliking gekry.

“Pa, aartappels wat in donker, warm plekke gestoor word, skei etileengas af.” Etileen reageer waarskynlik met die senuweepunte op mense se voete.” Voila!

* * *

Hedendaagse filosofie:

As I hurtled through space, one thought kept crossing my mind – every part of this rocket was supplied by the lowest bidder. John Glenn

The USA is the only place where half the population believes that professional wrestling is real but the moon landing was faked. David Letterman

After the game the king and the pawn go into the same box. Italian proverb

Men are like linoleum floors. Lay ’em right and you can walk all over them for thirty years. Betsy Salkind

When a man opens a car door for his wife, it’s either a new car or a new wife. Prince Philip

Lawyers believe a man is innocent until proven broke. Robin Hall

The first piece of luggage on the carousel never belongs to anyone. George Roberts

* * *

Struwwelpeter was ‘n jaar of 30 gelede in Finland op ‘n sakebesoek. Die taal is geweldig ingewikkeld – dit stam af van oer-Hongaars. Destyds het dit hom opgeval dat daar min of geen derdewêreldse immigrante te sien was nie.

Hy lees anderdag ‘n artikel raak wat sê dat dit nog die geval is – en wel omdat maatskaplike voordele slegs aan Finse burgers toegestaan word. Maar vir buitelanders om ‘n burger van Finland te kan word, moet jy eers ‘n stywe taaleksamen in Fins slaag. Slim né!

* * *

As ‘n mens ‘n navorser is, moet jy publiseer om bevordering te kry. Die professionele joernaal is nogal gesteld daarop dat ingewikkelde wetenskaplike taal gebruik word in sulke geskrifte

Byvoorbeeld, prof Van Heerden van UVS het destyds gesê:

“As jy jou vak ken, kan jy jou kennis in maklike woorde oordra.”

Of jy kan bombasties wees. Jy kan sê: “In die eksistensiële toestand van die op-hoogte wees met vakinhoudelike substansie en algemene didaktiese metodologië in daar opvoeder in aksie normaliter in staat tot simplistiese maar effektiewe interpersoonlike herkenbaarmaking van hierdie substansies en metodes.”

Ek dink almal sal saamstem dat bostaande gibberish is.

Maar dit is hoe ‘n grapmaker die redakteurs van die Duitse Springer Verlag en die Amerikaanse Institute of Electronic Engineers lelik gevang het.

Hy het ‘n rekenaarprogram geskryf wat lukrake woordekettings aanmekaar sit, sodat dit na ‘n baie geleerde geskrif klink.

Bogenoemde twee instansies moes tesame 116 gepubliseerde artikels repudieer!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button