BlogsEditor's choiceOpinion

Struwwelpeter: Destyds was daar geen sweem van rassehaat

Wat het Neil Armstrong gemompel net voor hy sy ruimtetuig verlaat het?

LAASWEEK se aanhaling uit Winston Churchill se 1899 boek, “River Wars”, het ’n stertjie bygekry.

‘n Lid van ‘n regse Britse party het onlangs presies hierdie stukkie – waarin Churchill voorspel dat militante Islamiete ‘n groot probleem gaan word – in die openbaar voorgelees. ‘n Vrou het die polisie gebel en ‘n klag van rassisme teen hom gelê.

Hy is dadelik gearresteer. Tans is hy op borgtog vrygelaat, totdat sy verhoor plaasvind.

Maar daar is iets oor hierdie hele militante Moslems wat Struwwelpeter glad nie verstaan nie. Hier in die Kaap het hy groot geword met Moslems en hulle was almal gawe, beskaafde, vriendelike en behulpsame sakemense.

Oupa Struwwelpeter het gereeld by ‘n Moslem-kleremaker vir hom ‘n snyerspak laat maak (en later Struwwelpeter ook). Terwyl Oupa Struwwelpeter opgemeet word is ek, destyds nog op laerskool, deur die snyer se vrou trakteer met koekies en koeldrank.

Daar was geen sweem van rassehaat of inderdaad, militansie nie. En dit het nog nie verander nie. Daar is ‘n heel paar Moslem-winkels in die Strand en Struwwelpeter doen nog steeds sake met hulle.

Dus verstaan hy nie waarom oorsese Moslems terroriste geword het nie.

Maar is dit miskien omdat ons Suid-Afrikaanse Moslems eintlik van Maleise oorsprong is, terwyl die terroriste almal van Arabiese oorsprong is?

* * *

‘n Man loop op Melkbaai strand en skop ‘n ou bottel oop. Daar kom ‘n djinn uit die bottel en hy sê: “Wat is u wens, meester?”

Die man antwoord: “Ek wil vir ewig lewe.”

“Jammer,” antwoord die djinn. “Dis nie binne my magte nie.”

“Nou goed dan,” sê die man. “Ek wil lewe totdat ons regering sy begroting balanseer, skuld en werkloosheid elimineer en ontslae raak van korrupsie.”

“Jou sneaky bliksem!” antwoord die djinn.

* * *

Hier is ‘n staaltjie wat julle waarskynlik al gehoor het. Daar word ook gesê dat dit ‘n waar storie is.

Blykbaar het Neil Armstrong, leier van die Apollo 11 sending en die die eerste man op die maan, die volgende gesê toe hy op 20 Julie 1969 uit die ruimtetuig klim: “One small step for a man, one giant leap for mankind.”

En dis wat die wêreld se media gebeeldsaai het. Maar net voordat hy dit gesê, het hy blykbaar iets gemompel terwyl hy nog in die ruimtetuig was.

Toe hy daarvoor uitgevra is, het hy net geglimlag en kommentaar geweier.

Etlike jare later was hy egter bereid om die storie te vertel en wel omdat die persone waarom dit gaan, albei al dood was.

Terwyl hy nog op hoërskool was, het Armstrong en ‘n vriend een Saterdagmiddag bofbal gespeel in die Armstrongs se agterplaas. Die bal het oor die muur gehop en teen die bure, die Brodskys, se slaapkamermuur beland. Armstrong is agterna om die bal op te tel.

Die Brodskys se venster was oop en hy kon alles hoor wat mevrou Brodsky sê: “Oy vay,you schnook! So you want sex on a Saturday! Vell, you poopik, you can have sex on a Saturday when the kid next door walks on the moon!”

Dus, die paar woorde wat Armstrong gemompel het, net voordat hy uit sy tuig geklim het en waaroor hy eers nie wou praat nie, was: “Good luck, Mr Brodsky!”

(Dankie LL)

* * *

“n Man kom van ‘n partytjie af waar hy ‘n paar doppe te veel gehad het. Hy word deur die polisie afgetrek. Hy moet blaas en hy is oor die grens.

Dieselfde tyd kom daar ‘n boodskap oor die polisieradio dat daar ‘n rooftog in dieselfde straat aan die gang is. Die polisie sê aan die man dat hy net daar moet bly, hulle is nou terug. Hulle spring oor die draad en hardloop na die inbraak.

Doodluiters klim die man in sy kar en ry huis toe.

‘n Paar uur later is daar ‘n klop aan die voordeur. Dis die polisie en hulle wil met haar man gesels.

“O,” sê sy. “Hy’s al twee dae in die bed met griep. Ek twyfel of hy julle kan help.”

Die polisie het egter sy bestuurderslisensie en hulle dring aan om sy motor te sien. Sy neem hulle garage toe en maak die deur oop.

Daar, met ligte steeds flitsend, staan ‘n polisiemotor!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button