
INTERESSANTE artikel in ’n onlangse Landbouweekblad:
Die Namibiese jeug vra om ‘n bloedige oorlog met hulle aandrang dat die Swapo-regering plase by wit grondeienaars moet afvat – soos in Zimbabwe. So waarsku Eerste minister Hein Geibgob. Hy sê verder: ”Boerdery is nie maklik nie. Meeste van die jeug wat op grond aandring sal nie langer as ‘n dag op ‘n plaas uithou nie.”
Geingob besit self al twee jaar lank ‘n plaas en sê dat hy dit nog nie reggekry het om iets te produseer nie. Hy sê verder: “Die hervestigingsproses in die land was verkeerd gedoen en het meer skade as voordele meegebring. Ons het produktiewe plase gevat en aan onopgeleide mense gegee, wat nou honger ly. Die proses sal nie herhaal word nie. ‘n Wit kind het net soveel reg op grond as ’n swart kind.”
Dit is duidelik iets wat Nommer Een en sy ministers nog nie verstaan nie. Nou wonder ‘n mens: is hulle plein gulsig of dom of albei?
(Dankie Riaan)
* * *
Die plaaslike dagblad berig as volg: ‘n Vrou parkeer onlangs haar BMW by ‘n inkopiesentrum. Sy sluit die motor met haar afstandbeheer – heel onbewus daarvan dat ‘n dief haar sein opgeneem het op sy afstandbeheer.
Hy maak die motor oop, klim in en probeer dit steel. Maar toe hy die deur toemaak, sluit die motor outomaties al die deure en vensters. En sonder die BMW se elektroniese sleutel kan jy niks doen nie.
Die dief het toe maar in die motor gesit vir ‘n uur of twee totdat die vrou klaar was met haar inkopies.
Intussen het die son gebak en het hy ongemaklik warm en kortasem geword. Met die terugkom het sy besef wat gebeur het en die polisie laat kom.
Dit het nog ‘n rukkie geneem. En toe sluit sy eers die kar oop. Die dief, al feitlik bewusteloos, is toe gearresteer en weggeneem.
En so het slim sy baas gevang!
* * *
At the crowded Sandton bus stop a beautiful young blonde woman, wearing a tight leather skirt, was waiting for a bus.
As the bus stopped and it was her turn to get on, she became aware that her skirt was too tight to allow her leg to come up to the height of the first step of the bus.
Slightly embarrassed and with a quick smile to the bus driver, she reached behind her to unzip her skirt a little, thinking that this would give her enough slack to raise her leg. She tried to take the step, only to discover that she couldn’t!
So, a little more embarrassed, she once again reached behind her to unzip her skirt a little more, and for the second time attempted the step. Once again, much to her chagrin, she could not raise her leg.
With a little smile to the driver, she again reached behind to unzip a little more and again was unable to take the step.
About this time, Hennie, a fris boerseun from Kakamas, who was standing behind her, picked her up easily by the waist and placed her gently on the step of the bus.
She went ballistic and turned to the would-be Samaritan and screeched, “How dare you touch my body! I don’t even know who you are!”
Hennie smiled and in his best English answered her: “Well, juffrou, normally I would agree wiff you, but after you unzipped my fly free times, I thought we was friends.”
(Thanks George Barnes)
* * *
‘n Tikkie Nederlandse wysheid: ‘n Honderdjarige outannie word deur ‘n plaaslike koerant gevra waaraan sy haar hoë ouderdom toeskryf:
Haar antwoord:
Voor een betere vertedering drink ik bier
Om niet in mijn broek te pissen, gegruik ik jenever
In geval verminderde eetlus drink ik witte wijn
Bij lage bloeddruk drink ik rode wijn
Als ik een te hoge bloeddruk heb, drink ik Scotch
En als ik een verkoudheid heb drink ik Schnapps
“Mevrouw, wanneer drink jy dan eigenlijk water?”
“Zo ziek ben ik nog nooit geweest”
