Struwwelpeter: maak seker jy eet al jou pampoen
Chernobyl, hier kom ons!

iNTERESSANTE kommentaar van Scorpio van Kemptonpark:
You know that you’re in South Africa and the ANC is still in power when the Saturday lunch time news announces that water will be restored to the affected places in Gauteng in two weeks’ time, providing we don’t experience (electricity) power failures.
And, of course, the possibility of the water department union workers going on strike because they have no water cannot be ruled out.
* * *
Suid-Afrika is nou na bewering besig om vir kragsentrales te onderhandel met ons groot “vriende”, die Russe.
Dit laat my nou dink aan storie van die motor wat destyds deur die Oos-Duitsers/Russe gebou voordat die Muur verwyder is. Hierdie motortjie was so vrot en onbetroubaar dat hy kort-kort langs die pad gaan staan het.
Gevolglik het dit die bynaam “Martin Luther” gekry.(Onthou lg se beroemde woorde, “Hier steht Ich, Ich kann nicht anders” (Hier staan ek, ek kan nie anders nie).
En nou wil ons wrintig by dieselfde mense wat die Brabant gemaak het kernkragstasies koop? En dan nog met Tina Joemat-Petterson, ons onbekwaamste minister, in beheer? As Petterson ‘n loods was, sou Zuma haar aanstel as vlugkaptein van sy private vliegtuig?
Chernobyl, hier kom ons!
* * *
Hiermee ‘n uittreksel uit ‘n brief wat die Cape Times oor dieselfde onderwerp verskyn het. Dit is ‘n goeie opsomming van die situasie:
It is obvious that SA must generate more electricity. The only question is how.
I am a strong proponent of nuclear power but this works best in stable democracies. South Africa is neither stable nor a democracy, and in twenty years won’t resemble the South Africa we know today.
The deal with Russia is between two very dubious governments and already there is confusion about what has been agreed. The ANC will no doubt throw further confusion to hide where the “commissions” are going.
The vision of South Africa as an energy-rich, modern manufacturing economy is pure fantasy.
* * *
Ma sê vir haar seuntjie wat nie sy pampoen wil eet nie:
“Wag maar, vannag kom die duiwel jou haal!”
Daardie nag begin dit vreeslik reën. Die donderweer dreun en weerligstrale klief deur die lug. Ma raak bekommerd en wil by haar seuntjie gaan sit tot die weer opklaar. Tot haar verbasing is hy nie in sy kamer nie.
Sy kry hom voor ‘n oop yskasdeur besig om pampoen te eet.
Kort-kort prewel hy: “So ‘n moelse lawaai en dit oor ‘n klein biekie pampoen, blikthim!”
Dankie Lizé
* * *
‘n Oujongnooi en haar kat sit voor die kaggel. Op die kaggelrak staan ‘n flessie wat sy jare gelede gekoop het, maar nooit oopgemaak het nie. Sy besluit om die flessie oop te maak. ‘n Djinn verskyn uit die flessie.
”Dankie dat u my vrygemaak het.” sê hy. “Ek gee dus vir u drie wense.”
Sy dink ‘n rukkie en sê dan: “Ek wens ek kan die mooiste meisie in die wêreld word.” Skielik is sy ‘n beeldskone jongmeisie.
“My tweede wens is dat my ou huisie verander in ‘n luukse kasteel met skatkamers vol goud.”
Dit gebeur onmiddellik en die volgende oomblik sit sy op ‘n diep sitbank in die luukse ontvangskamer van haar kasteel.
“En jou laaste wens? vra die Djinn.
“Ek wens dat my getroue ou kat verander in ‘n mooi jong prins.”
Die Djinn verdwyn en skielik staan daar ‘n besonder aantreklike jong man, fier en regop, voor haar.
Sy klop die plek langs haar op die sitbank en glimlag verleidend vir hom. “Kom sit hier langs my. Wil jy nie vir my iets vra nie?”
Hy sit en dan antwoord hy: “Ja. Ek wil. Is jy nie nou jammer dat jy my destyds vir daardie klein operasietjie na die veearts toe geneem het nie?”
