Struwwelpeter: al die ekstras jaag jou duisende uit die sak
Hoe lank voordat hierdie wanbalans uitmekaar spat?

INTERESSANTE berig in laasweek se Rapport. Die sepie, Sewende Laan, het nou daaglik ongeveer een-en-‘n-half miljoen kykers. In 2010 was die kykergetal amper vyf miljoen en in die 2000 beginjare tot sewe miljoen.
Wat het verkeerd gegaan? Struwwelpeter is self ‘n eks-kyker en wat hom destyds weggejaag het, was die afgesaagde stories wat dan weke uitgerek word. Dit, en die karakter Oubaas se irriterende en voorspelbare slapstick. Niemand kan so dom wees nie.
Maar stellig was die grootste probleem dat die SABC se opdraggewende redakteur ook met die ding gepeuter het omdat dit te Afrikaans was. Dus is meer Engels en meer inheemse tale, plus ‘n “kleurlose” storielyn, ingebring.
Dit is duidelik dat ‘n groot persentasie kykers dit onaanvaarbaar vind. Terloops, mens wonder hoeveel kykers/luisteraars die SABC nog oor het?
* * *
Maar die SABC se nonsens laat mens dink aan die ANC se ingryp oor die afgelope twee dekades: Syfers toon dat die SA ekonomie feitlik ondraagbare wanbalanse bevat.
Ons bevolking is ongeveer 50 miljoen, maar slegs 3.2 balastingbetalers is verantwoordelik vir sowat 99% van die land se inkomse. (Syfers van Solidariteit se Navorsingsinstituut)
Daarenteen is daar sowat 15,5 miljoen amptelike ontvangers van welsyntoelaes. Voorts betaal 1% van maatskappye 60% van die maatskappybelasting in die land.
Meer as 80% van belastingbetalers stem nie vir die ANC nie, terwyl 70% van die ANC ondersteuners werkloos is.
Hoe lank voordat hierdie wanbalans uitmekaar spat?
Dankie Paul Butler
* * *
Nog ‘n internasionale vroteier: Pistorius se Afrikaanse proefbeampte het baie hard probeer om Regter Masipa te oortuig dat SA tronke vuil en onhigiënies is en nie vir Pistorius geskik is nie.
En nou is die departemente korrektiewe dienste geweldig omgekrap: nadat hulle vir jare gesukkel het om die Britte te oortuig dat ons tronke nie so erg is nie, en dat Dewani goed behandel sal word, word hierdie warm patat nou in hulle gesigte gegooi – en dit deur die getuienis van ‘n mede-staatsamptenaar!
Dankie Balt. Ek stem saam met jou – What a piquant legal hot potato!
* * *
En nou ‘n Amerikaanse storietjie wat onvertaalbaar is: Two hillbillies walk into a restaurant. While having a bite to eat, they talk about their moonshine operation.
Suddenly, a woman at a nearby table, who is eating a sandwich, begins to cough. After a minute or so, it becomes apparent that she is in real distress.
One of the hillbillies looks at her and says, “Kin ya swallar?”
The woman shakes her head no.
Then he asks, “Kin ya breathe?”
The woman begins to turn blue and shakes her head no.
The hillbilly walks over to the woman, lifts up her dress, yanks down her drawers and quickly gives her right butt cheek a lick with his tongue.
The woman is so shocked that she has a violent spasm and the obstruction flies out of her mouth.
As she begins to breathe again, the Hillbilly walks slowly back to his table.
His partner says, “Ya know, I’d heerd of that there ‘Hind Lick Maneuver’ but I ain’t niver seed nobody do it!”
* * *
Soos ons almal weet, word dit van Vrystaatse boere verwag om elke paar jaar ‘n nuwe Mercedes aan te skaf. Dis nou sodat almal kan sien dat hy darem nog krediet by die bank het.
Oom Gert koop dus ‘n nuwe E-serie. Die standaardmotor kos heelwat meer as was hy verwag het. Daarby moet hy ekstra betaal vir al die nie-standaard dinge – soos ‘n CD speler en leerkussings – wat ‘n redelike man onder die omstandighede darem in ‘n ordentlike kar kan verwag.
‘n Rukkie daarna bel die Mercedes-handelaar vir oom Gert. Hy wil ‘n koei koop vir sy kleinhoewe.
Oom Gert stem in en belowe om die koei af te lewer. Saam met die koei kom die volgende faktuur:
FAKTUUR
1 Koei (standaard) R2 400
Tweekleurig (swart en wit) R150
Leerbekleedsel R100
Melktenk met vier melkkrane @ R12.50 elk R50
2 Buffers, egte horingafwerking @ R17.50 R35
Automatiese vlieëplak R30
Omgewingsvriendlike uitlaatkatalis R60
Remsisteem – voor en agter R100
Multi-toon toeter R135
Oë, halogeen R150
Veelvoudige brandstofopsie R250
Totaal vir koei, soos bestel R4 430
Dankie Lizé
