BlogsEditor's choiceOpinion

Struwwelpeter: wie onthou nog nie ou Trans-Karoo?

Dit het nog nie tot die regering deurgedring dat jy nie ‘n persoon sonder opleiding en ondervinding in ‘n senior pos kan aanstel nie

DIE BEE se wiele is nou besig om af te val. Kyk maar net na die (voorheen doeltreffende) instansies wat nou aan’t ineenstort is as gevolg van onkundige en/of onopgeleide leiers:

• Die weermag: Vergelyk Konstant Viljoen se weermag met die huidige gemors, waar ‘n vet kolonel in haar etenstyd gaan inkopies doen – in volle uniform, maar met pienk pantoffels!

• ESKOM. Ons sukkel alweer met beurtkrag, omdat daar nie genoeg geld is om ordentlike instandhouding te doen nie. Nietemin borg Eskom elke maand ‘n sake-ete vir die Guptas se koerant, New Age. Dit kos ongeveer R45 miljoen per jaar. Was dit Joemat-Petterson se idee?

• Die wankelendse polisiediens, met sy onkundige hoof, wat, na twee jaar van dom besluite, al vier medaljes dra.

• Die spoorweë. Wie onthou nog hoe lekker mens in die ou Trans-Karoo gereis het?

• Die SABC wat nou vou as gevolg van politieke inmenging.

• Ditto die poskantoor en die opvoedingsisteem.

En so kan ‘n mens voortgaan. Dit het nog nie tot die regering deurgedring dat jy nie ‘n persoon sonder opleiding en ondervinding in ‘n senior pos kan aanstel nie. Tenminste, nie as jy verwag dat hulle suksesvol moet wees nie. Maar dis wat hulle gedoen het en dis ook waarom ons regering beide sy reputasie en sy geloofwaardigheid verloor het.

Of soos Richard Rohr gesê het: “Arrogance coupled with ignorance is lethal”.

* * *

Struwwelpeter is tevrede dat die EFF nou skuldig bevind is van wangedrag in die parlement. Volgens Randal van Voore, die voorsitter van die verhoor: “They knew what they were doing and deliberately and intentionally refused to comply with the Speaker’s instructions.”

Maar onthou julle die ANC-raadslede wat vroër vanjaar in die Kaapse parlement die DA se 2014/15 begroting vir die Wes-Kaap opgeskeur het en toe op die flarde papier gedans het?

Nou weet mens waar die EFF hulle inspirasie kry.

* * *

Barak Obama en David Cameron word ‘n tydmasjien gewys waarin mens ‘n honderd jaar vooruit kan sien. Hulle besluit om die masjien te toets.

Obama vra: “What will the USA be like in 100 years’ time?”

Die masjien gons en biep. Toe druk dit ‘n velletjie papier met die antwoord: “The country is in good hands under the new Republican president. Crime is non-existent, there is no conflict. The economy is healthy.”

Cameron vra vir die masjien: “What will the UK be like in a 100 years?”

Die masjien gons weer, piep ‘n paar keer en en druk dan die antwoord. Cameron staar oorbluf daarna.

“Kom nou, David,” sê Barak, “wat sê dit?”

David antwoord: “Ek weet nie. Dis nie in Engels nie!”

(Dankie LL)

* * *

Terloops, Struwwelpeter wil weet waarom die Bafana-kaptein ‘n duur staatsbegrafnis kry – ‘n eer wat nog nooit vir ‘n Springbok rugbykaptein beskore was nie?

En nou ‘n uittreksel van interessante kommentaar deur Helen Zille:

Tell us the truth, Minister Nene. On his return from the Inter-Parliamentary Union (IPU) conference in Geneva last week, a colleague told me this revealing story about South Africa’s delegation there:

Four senior ANC members of parliament at the conference made sure they squeezed every drop of benefit from the Ministerial Handbook. They opted for individual chauffeur-driven Mercedes Benzes to ferry them from their hotel to the conference venue and back.

A kombi was arranged for the other five South African delegates, although the two ANC members among them also chose to travel with their esteemed senior colleagues in the luxury German sedans.

Most of the delegates from parliaments in the European Union used public transport or walked to get around.

This wasn’t lost on a British MP, who asked why his country should continue “foreign aid” transfers to South Africa when we clearly had more to splash around than anyone else.

The realisation among voters that President Zuma has been using them for a free ride to build his own empire cannot come a moment too soon.

We know that 2016 is just around the corner but far enough away for South Africans to find out by then what Minister Nene didn’t tell them in his speech last Wednesday.

( Dankie Balt)

* * *

‘n Zimbabwe gr 2 skoolklas behandel geografie.

“Where is the capital of Zimbabwe?” vra die juffrou.

‘n Seuntjie steek sy hand op: “ In a Swiss bank account, Miss.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button