Editor's choiceLettersOpinion

Kempton Polisiestasie is skoon en diens is flink

Net 'n spanpoging kan dit vermag

ATTIE ERASMUS van Cresslawn skryf:

Ek besoek Kemptonpark Polisiestasie so twee tot drie maal ‘n jaar vir sertifisering van dokumente, ens.

Saterdagoggend, 29 Maart, het ek weer ‘n dokument laat sertifiseer. By my aankoms het ek die skok van my lewe gekry: die stasie was skoon en netjies, die personeel was netjies met volle skoon uniforms, geen lawaaierige vergaderings terwyl die publiek wag nie en flink, vriendelike diens is gelewer.

Baie geluk, brigadier en jou personeel, ons is altyd so vinnig om te kritiseer. Ek kan nie anders nie as om julle geluk te wens.

Wees verseker dat die publiek dit ook waardeer en verstaan dat dit nie vermag kan word nie sonder ‘n spanpoging en ‘n wil om julle beeld na buite te verbeter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button