Brief oor verval slaan spyker op die kop
D Coxen, jy vat dit waarlik saam met jou woorde "care less people"

M TROLLIP skryf:
Die brief van D Coxen, “Demise of Kempton Park started 20 years ago,” slaan die spyker op die kop. Hoera!
Vandag was maar net my vierde e-posklagte (agtereenvolgens) insake my elektrisiteitslesing wat weer nie reg is nie.
In November 2013 is soveel regstellings op my rekening gedoen dat ek vir drie maande byna niks verskuldig was nie. Nou is dit alweer sulke tyd.
In Februarie kry ek ‘n lekker rekening van R13 526 verskuldig. Na die klagte was die rekening toe net R663,59.
Aangesien my aanlynstaat dit nooit getoon het nie, net ‘n e-pos, het ek toe maar munisipaliteit toe gery vir ‘n staat, en neem al my dokumente saam.
Na ‘n uur se wag in ‘n lang tou, help ‘n baie arrogante, ongeskikte vrou my om hul fout reg te maak. Ek wou nog my dokumente verduidelik, toe kom die antwoord in Engels, “Dit is nou reg ,wil jy R752 of R13 526 betaal.”
Ek en my man was uit die veld geslaan en loop was toe maar die beter opsie.
Ons het nou maar aansoek gedoen vir koopkrag wat my weer R752 gekos het. Ons moet 10-12 weke daarvoor wag.
Hoekom? “Backlog”.
My vorige huis is in Mei 2013 verkoop. Ek moes ook wag vir my terugbetaling van R5 831,51 (sonder rente, het hulle laat weet – hulle is nie ‘n finansiële instelling nie) tot einde Januarie 2014. Hoekom? “Backlog”.
D Coxen, jy vat dit waarlik saam met jou woorde “care less people”.
