Editor's choiceLettersOpinion

Polisie doen niks na poging tot diefstal

Die vrou wat saam met die man gekom het, het haar nie eers verwerdig om uit die voertuig te klim nie

MEV RC ROUX skryf:

Ons as inwoners van Sonnekus-woonstelle op die hoek van Poplar- en Lilystrate is nou net mooi keelvol vir ons sogenaamde polisie.

Op 21 Junie is daar vir ‘n tweede keer by my motor ingebreek. Ek kon nie eers die Vrydagoggend my motor aan die gang kry om te gaan werk nie, want daar is aan die battery gekarring.

Ek het toe my motor in een van die huurders se motorhuis parkeer. Hulle het om 4vm die Saterdag teruggekom en natuurlik gesien my voertuig is nie meer beskikbaar nie. Hulle het toe ‘n Nissan-bakkie van een van die ander huurders tot by die hek gestoot.

Hulle het ‘n tou aan die bakkie vasgemaak en nog ‘n voertuig van ‘n huurder, om dit te sleep. Ongelukkig vir hulle het die eienaar van die bakkie wakker geword toe hy sy bakkie hoor.

Hy het uitgestorm en een van hulle met ‘n hamer oor die kop gemoker, maar hulle het die hasepad gekies.

Ek het die polisie van my landlyn af geskakel. Die foon het seker vir vyf minute gelui sonder dat dit beantwoord is. Ek het neergesit en weer probeer.

Naderhand het ‘n vrou geantwoord. Tien minute daarna het niemand nog uitgekom soos sy belowe het nie en ek het weer geskakel. Hierdie keer het ‘n ander vrou opgetel.

Ek het so elke tien minute gebel, vier keer agtermekaar. Die eienaar van die bakkie het ook twee keer van my foon af gebel. Die tyd het aangestap na half sewe. My man het toe besluit om maar polisiestasie toe te ry om iemand te gaan haal.

By die stasie het die kaptein glo vir my man laat verstaan dat hulle besig is om skofte te ruil, maar dat iemand wel op pad is. Na my man van die stasie af gery het, het die polisievoertuig net agter hom gery.

Om ‘n lang storie kort te maak. Hulle het minder as niks gedoen toe hulle hier kom nie. Die vrou wat saam met die man gekom het, het haar nie eers verwerdig om uit die voertuig te klim nie. Die man het net in die bakkie oor die man se skouer geloer en toe die pad gevat.

Waarvoor is daar ‘n polisiediens as ons nie eers hulp van hulle kan kry nie. Hoe korrup kan hulle nog word?

Kemptonpark SAPD het nie op die brief gereageer nie – Redakteur

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button