67 ure, nie minute nie, vir Mandela
Bank help na-ure om bejaarde se geldsake uit te sorteer

JUDY HERBST van Norkempark skryf:
Duisende dankies aan die bankbestuurder van Standard Bank Woodbridge, Gugu, en die kassier Cindy, wat my op 15 Julie na-ure gehelp het om ‘n bejaarde vrou van 76 se banksake uit te sorteer en vir haar geld te kon trek.
Albei van hulle het met liefde en baie geduld gehelp. Mev PA Cook leef al vir jare soos ‘n kluisenaar. Sy het net familie in Engeland.
Sy was in hierdie stadium reeds vir ‘n week sonder kos, geld en elektrisiteit. Mev Cook weier om hulp te aanvaar of in ‘n aftree-oord te gaan woon waar sy versorg kan word.
Die blote feit dat die bank ons gehelp het, het bygedra tot haar vertroue in my en my dogter, wat haar nou onder ons vlerke geneem het om te versorg totdat ‘n alternatiewe plan met haar versorging gemaak kan word.
Danksy Gugu en Cindy kon my dogter en ek ons 67 minute vir Madiba omsit in 67 ure!
