Editor's choiceLettersOpinion

Talle gaan uit hul pad om bejaarde te help

Haar enigste familie bly in Engeland

JUDY HERBST van Norkempark skryf:

Dankie weer eens aan Terence en Christine van Rugmaster Kempton Park vir die gratis skoonmaak van twee matte in die huis van ‘n bejaarde in Birch Acres. ‘n Baie groot dankie aan Alta en Neil en hul span van The Cleaning Ladies Edleen vir hul gratis diens om die hele huis van Me Cook skoon te maak.

Hulle het ook aangebied om dit op ‘n maandelikse basis gratis te doen.

Danksy Caregivers SA (Ursula Williams) is daar ook nou ‘n voltydse ‘care giver’ om na die vrou om te sien, aangesien sy op 76-jarige ouderdom alleen in haar huis woon. Haar enigste familie woon in Engeland.

Dankie aan dr Faan Kock en sy personeel vir al die geduld en inligting rakende haar gesondheid en saal 4a by Arwyp vir hul geduld en liefde tydens haar opname vir ‘n week.

En aan my dogter Zantelle vir al haar hulp en bystand met die versorging van die vrou. En laaste, maar nie die minste nie, ons Hemelse Vader wat my op haar pad geplaas het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button