Editor's choiceLettersOpinion
Dankie, Oos-Rand Akademie
Wat nogal opvallend is van die skool, is die netheid en wedersydse respek

ANEL SMIT skryf:
Ek as ouer van Leandri (gr 1) en Anika (gr RR) stel met vrymoedigheid Oos-Rand Akademie voor.
Hierdie skool het die standaarde van Afrikaans, Christelike sowel as individuele aandag. Ek het ‘n groot verandering ten opsigte van hulle akademiese vakke opgetel in die drie maande wat ons deel is van die skool.
Wat nogal opvallend is van die skool, is die netheid en wedersydse respek tussen onderwyser en leerder. Albei kinders het goed aangepas en is gelukkige kinders.
Baie dankie aan die onderwysers en kantoordames van Oos-Rand Akademie vir al hulle goeie werk.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
