Editor's choiceLettersOpinion
Verlore dokumente in posbus gelos
'Ek will graag die persoon wat die moeite gedoen het, bedank'

HERMAN VAN STADEN skryf:
Ek was die oggend van Maandag, 15 Desember, by ‘n bank in Festival Mall.
Ek het êrens my ID boek, bankpapiere en water- en ligterekening neergesit. Ek weet nie presies waar nie.
Ek was by al die plekke, maar niemand het dit ontvang nie.
Ek was ‘n bekommerde man, omdat my ID boek ‘n belangrike dokument is en as dit in verkeerde hande beland, kon ek probleme optel.
Ek het by die huis gekom en besluit om in die posbus te kyk. Tot my verbasing vind ek die dokumente daar.
Ek wil graag die persoon, wat geen besonderhede verskaf het nie, bedank vir die moeite.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
