Editor's choiceLettersOpinion

Mamma, jy voed padvarke op

Asseblief, in die toekoms, besef net een ding, sypaadjies is vir voetgangers

WILLIE van Kemptonpark skryf:

Op 16 Januarie het dié mamma met haar VW-bussie dit goed gedink om op die sypaadjie regoor Fruit & Veg in Glen Marais te ry.

In die proses het sy my met haar voertuig se spieël gestamp, maar gereken dit is “ok” om maar net aan te ry en terselfdertyd met ‘n handgebaar te wys om nie so na aan die pad te draf nie.

Jy vergeet dat om iemand raak te ry en nie te stop nie, is ‘n kriminele oortreding (tref-en-trap). Tydens hierdie insident het jy ‘n kind of kinders in die voertuig gehad.

So, tien uit tien vir jou vir die fantastiese voorbeeld wat jy stel, want jy is in die proses om toekomstige padvarke op te voed.

Asseblief, in die toekoms, besef net een ding, sypaadjies is vir voetgangers en 1.5 meter van die pad behoort aan voetgangers/drawwers en fietse, maar miskien is jou taxi-mentaliteit net nie in staat om dit te verwerk nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button