Editor's choiceLettersOpinion

Dankie aan onderwysers oral

'Ons onderwysers is voorwaar 'n rare, onvervangbare spesie'

WILLA ERNST SKRYF:

Ons koerant bly steeds die publiek se klankbord en met deernis en begrip lees ek al die klagtes.

Met reg kla ons oor al die probleme en ergernisse en soms help dit nogal.

Maar, ons het ook die voorreg om te prys en dankie te sê.

Dit gaan oor ons kinders, hulle is ons toekoms. Laat my toe om ‘n paar mooi voorbeelde te noem van ‘n paar skole (en ek sluit nie ander skole uit nie).

Hierdie is ‘n ope brief aan die wondelike onderwyspersoneel se onbaatsugtige diens en saam met hulle, ook die enkele ouers en ander vriende wat saam die tweede myl loop.

Kleuterskole wat byvoorbeeld drukkies uit deel, traantjies afvee en ‘n pleister plak. By Impala en Kruinsig voel ons ook gou tuis om die kinders gereed te maak vir die “groot skool”.

Groot dankie aan almal wat dit moontlik maak, die onderwyspersoneel wat ver reis, lang ure se voorbereiding, nasienwerk en onderrig, naskoolsport, revue ens.

Kempton Hoër, baie geluk met julle toekenning, ons is baie trots op jul prestasies. Julle span die kroon!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button