Editor's choiceLettersOpinion

Dominee het na 8 jaar nog nie gebel nie

'Was ek nie goed genoeg om gehelp te word nie?'

NOG ‘N SLAGOFFER SKRYF:

In antwoord op Ontnugterde slagoffer:

Na ‘n tydperk van agt jaar is ek nog steeds ‘n slagoffer van my kerk en van my predikant.

Ek het ‘n kleinseun agt jaar gelede met sy geboorte aan die dood afgestaan. Ons as familie was geskok, verslae, hartseer en kwaad.

Ek het geworstel met vrae soos, hoe kan dit met ons gebeur? Waar was God? Hoe kan hy dit laat gebeur met goeie mense? Dit is nie regverdig nie.

Woede en haat het my lewe oorgeneem. Ek het besef ek het hulp en bystand nodig en het geglo my predikant het antwoorde, begrip en ondersteuning vir my in daardie stadium.

‘n Afspraak is gefinaliseer, maar ek is later gekontak en meegedeel dat hy dit nie kan nakom nie weens ‘n baie belangrike afspraak wat opgeduik het. Hy sou my kontak om weer ‘n afspraak te maak.

Na agt jaar wag ek steeds vir jou oproep, dominee. Waar was jy toe ek God se werker nodig gehad het? Jy staan en glimlag vir my in die apteek en supermark. Daar is nie meer ‘n glimlag vir jou nie.

Waar was jou hulp met die heelmaakproses, om vir ons te bid, om net daar vir ons te wees, te vertroos en moed in te praat?

Die kerk en predikant is nou sinoniem vir my. Ek weet wat ek glo en hoe ek glo, maar in agt jaar se tyd het die kerk vervaag.

Was ek nie goed genoeg om gehelp te word nie?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button