Editor's choiceLettersOpinion
Keffertjie se geblaf maak haar mal
Kan die eienaars aangekla word vir rusverstoring?
WIL OOK BLAF skryf:
Ons woon al jare in Allen Grove, maar die afgelope jaar is daar honde wat net nie ophou blaf nie – ‘n keffertjie by een huis en ‘n groot hond by ‘n ander.
Hoe is dit moontlik dat die eienaars van hierdie honde nie gepla word deur die geraas nie?
Ek verstaan dat honde as waghonde gebruik word, maar dan is dit tog ook nodig om hulle rustig te maak wanneer dit duidelik is dat hulle sommer net blaf (vir speel of omdat ander honde kilometers verder blaf).
Dit begin soms al 3vm en beslis 5vm, en dis nou byna 8.30nm en die klein brak blaf al van 5.30nm. Kan die eienaars aangekla word vir rusverstoring?
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
