Editor's choiceLettersOpinion

Wat gemaak as hond vir uile blaf?

'Ons raas en raas maar hy luister nie'

ALVIN skryf:

Net so ‘n antwoord op die klagte van die dame oor die hondjie wat so blaf.

Ons het ‘n worsie wat vreeslik blaf in die aand as dit skemer is. Die rede daarvoor is eintlik baie simpel, maar hoe ons die probleem kan oplos is waar dit bietjie moeilik raak.

Daar is drie uile in die omtrek en hulle het al probeer om die hondjie te vang. So ongelukkig, nou jaag hy al wat ‘n voël is rond as dit in die erf land.

So wat staan my te doen? Vat ek die hond DBV toe en laat hom uitsit om die buurvrou gelukkig te maak, of moet ek die uile en voëls met ‘n windbuks begin skiet?

Ons raas en raas maar hy luister nie. Gelukkig blaf hy nie deur die nag nie en hy raak darem rustig teen so 7nm.

Also read:

Solution for barking dogs

Keep them safe by keeping them inside

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button