LettersOpinion

Kempies sê jammer vir ou Powerade

'Ons het die Powerade as 'n donasie gekry en het onwetend in die slagyster getrap'

ROELF BURGER, hoof van Hoërskool Kemptonpark, skryf:

Dit het onder ons aandag gekom dat die Powerade wat ons aan skole se graad 7-leerders uitgedeel het, se vervaldatum reeds verstryk het.

Hierdie is ‘n ongelukkige oorsig aan ons kant en ons wil onvoorwaardelik verskoning maak as dit aanstoot gegee het. Wees verseker dat daar geen slegte bedoelings hiermee gepaard gegaan het nie.

Ons het die Powerade as ‘n donasie gekry en het onwetend in die slagyster getrap. Ons is dankbaar dat die leerders wat dit gedrink het, geen negatiewe gesondheidsprobleme getoon het nie.

Ek wil ook die geleentheid benut om u te bedank dat ons bemarkingspan die geleentheid gegun was om die uitreik by u skool te kon doen. Wees verseker dat ons die hoogste agting en waardering vir u en die skool het, en deeglik daarvan bewus is dat aksies soos dié ‘n demper op goeie verhoudings kan plaas – dit is die laaste ding wat ons wil hê.

Aanvaar dus ons onvoorwaardelike verskoning vir die blaps aan ons kant. Ons gaan moeite doen om dit later in die jaar reg te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button