Editor's choiceLettersOpinion

Bedelende vroue sê dankie vir hulp

'Ek bid vir jou om nie eendag in my skoene te staan nie'

NORKEMPARK se twee bedelende werksoekers skryf:

Ek wil graag al die mense wat vir ons donasies gegee het, bedank. Ons waardeer dit baie. Ook aan Norkempark Polisieforum se mense vir al hul hulp.

Ons soek nog steeds werk of donasies en wil net vir die wat al vir ons gegee het, dankie sê vir die kontant en kruideniersware, asook die jongman wat vir ons toebroodjies gegee het. Dit was baie lekker.

Dankie ook aan die dame wat vir ons beskuit gegee het en die man wat ons slegsê en sê ons gee witmense ‘n slegte naam. Ek bid vir jou om nie eendag in my skoene te staan nie.

En dié wat glimlag en groet, baie dankie vir julle vriendelikheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button