LettersOpinion

Waarheen gaan al ons padgeld?

'Daardie geld word 'gepocket'

HANNIE JACKSON skryf:

Graag sal ons inwoners van Kemptonpark verneem, tel ons strate ook onder die “road maintenance” waar so baie geld gespandeer is? (“Less money for roads”, Express April 7).

Ons paaie is in haglike toestande. Ons motors word opgefoeter, ons verloor bande, maak ongelukke en dan moet ons swart op wit sien hoeveel geld word gespandeer.

Ons as belastingbetalers is ver van dom af. Daardie geld word “gepocket”. Bewys my verkeerd.

In Pomona Uitbreiding Drie staan hierdie geel goed in die strate vanaf Desember verlede jaar. Dit is al April. Is die geld nou klaar? Moet hulle tot 2017 wag vir nuwe geld om in hul sakke te steek?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button