
SIMONE JONKER skryf:
Kan Kemptonpark se inwoners so harteloos wees?
My worshondtjie is op 14 Junie in Tearosestraat doodgery. Omdat my diere baie na aan my hart is, het ek gewag tot my man kom om hom te gaan haal.
Toe hy daar kom, was die hond weg en ons moes daarmee vrede maak.
Die volgende oggend is hy voor ons hek neergegooi. Die persoon wat hom doodgery het, moes geweet het aan wie hy behoort.
Kon jy nie eens die ordentlikheid hê om aan ons deur te klop nie? Ongelukke gebeur, maar hê ‘n hart, want vir sommige van ons is ons diere ons kinders.
Hoe kan mense so gewetenloos wees?
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
