
JOHAN RIEKERT van Cresslawn skryf:
Telkom se diens bestaan nie. Op Donderdag, 12 Augustus, was dit sewe weke sonder diens.
Ons kabel is op 23 Junie middeldeur gekap terwyl Telkom nuwe ondergrondse kabels begin lê het. Ons het dit aangemeld (verwysingsnommer 221CRK270516).
Telkom het twee tegnici uitgestuur en hulle het die kabel gesien. Die laaste tegnikus het gesê die kabel sou nie nou reggemaak word nie, deurdat die nuwe kabels spoedig sou in wees.
Hier was nog geen werker in die laaste vyf weke nie. Moet ons nou enige geld betaal? Elke keer word net gesê dit is gerapporteer.
Ek het uit desperaatheid kabeldiefstal geskakel en is vertel hooftegnikus Harry Togo sal die saak ondersoek. Ons sekuriteit werk nie.
Daar is net een nommer om foute te rapporteer, 10219 (kabels 0800 237 500).
Staak Telkom se werkers? Wie kan help?
