MICHELLE SCHWARTZ skryf:
Ek wil ‘n paar mense inniglik bedank vir hul hulp en bystand.
My seun, Marco het Donderdagaand ‘n worderlike matriekafskeid gehad danksy die onbaatsugtige hulp van ‘n paar mense.
Ek wil baie dankie sê aan Juffrou Mostert en Juffrou Du Plooy van Hoërskool Kemptonpark en die Nederduits Hervormde Kerk Kemptonpark-Oos. Sonder julle hulp sou dit eenvoudig nie moontlik gewees het nie.
Verder wil ek ook baie dankie sê aan die Knight, Martin Erwee, van East Rand Toyota wat hulle na die funksie vervoer het in ‘n pragtige Lexus.
Matriekleerlinge is welkom om hul foto’s aan Kempton Express te stuur vir plasing op ons webblad. Epos foto’s na kemptonexpress@caxton.co.za
