CINDY LUDICK skryf via Facebook:
Middag aan alle inwoners en skoolkinders woonagtig in Van Riebeeckpark.
Die oop veld op die hoek van Christoffelstraat en De Wiekusweg is uiters gevaarlik. Wees asseblief versigtig.
Vanmiddag (1 November) omstreeks 12.15nm was daar ’n voorval gewees. Jeugland-skoolmeisies het na eksamen op pad huis toe deur die veld gestap, waar ’n man met sy ontblote privaatdele was. Hy het genot daaruit geput toe die meisies verby hom moes loop.
Ons het dit reeds onder MML-sekuriteit se aandag gebring.
Asseblief ouers, waarsku julle kinders om versigtig te wees en nooit alleen te loop nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!