Dexter maak dinge lekker by lisensies
Jy is 'n aanwins vir enige werkgewer

MARYKE SYMINGTON van Edleen skryf:
Ek wil net my ervaring met die hernuwing van my bestuurslisensie met julle deel.
Dit bly ’n uitdaging vir menige om bestuurslisensies te hernu. Ek was egter aangenaam verras.
Dexter Tau, jy’s in die eerste plek ’n aanwins vir die lisensieafdeling en tweedens het jy my beïndruk met jou klïentediens.
Die feit dat jy boonop Afrikaans gepraat het, het my sommer baie laat ontspan. Die manier hoe jy die publiek hanteer het en dinge georden het (ry vir mense wat lisensies kom afhaal, ry vir mense wat kom aansoek doen, uitdeel van vorms, ens), man, jy’s ’n aanwins vir enige werkgewer.
Baie dankie vir jou uitstekende diens. Jou mede-kollegas kan baie by jou leer. Doen so voort!
