LettersOpinion

Sakke word oopgeskeur – wat kan mens doen?

Die depressie het ingeskop toe die jong man by 'n skool inhardloop en die wag maak die hekke toe

ANONIEM skryf:

Hiermee wil ek my misnoë met baie ander inwoners in ander voorstede deel.

Op 18 Julie het ek by my hek uitgery. Ons vullissakke was oopgeskeur.

Ek en my vrou het maar geduldig die vullissakke in ander sakke gegooi. Toe sien ek ‘n jong man twee huise van my af wat pamflette uitdeel en die sakke oopskeur wat ‘n paar minute vroeër deur die huiswerker in ander sakke gegooi is.

Ek het by die jong man gestop om vir hom te sê hy moet die sakke mooi toemaak. Hy het begin tot so drie huise verder, toe doen hy dieselfde. Ek het omgedraai, toe hardloop hy tot in die volgende straat.

Hy het sover hy gaan sakke oopgeskeur. Ek dink daar was ’n misverstand. Ek het met aanwysings hom probeer stop om te gesels en hy het weer gedink ek wil hom slaan.

Ek mag nie hardloop nie, want ek het twee kniegvervangings gehad en het ’n swak hart. Die “depressie” het ingeskop toe die jong man by ’n skool inhardloop en die wag het die hekke toegemaak.

Ek het vir die wag gesê ek wil met die man praat, maar die wag het gehuiwer. ’n Ander man het vir my gesê ‘klim in jou bakkie en ry’. Baie ongeskik en dit nogal ‘n persoon van die beheerliggaam.

Kan daar nie iets aan hierdie mense gedoen word wat die sakke so oopskeur nie? Dit is ‘n groot frustrasie. Wat kan ons doen?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button